Bruto nasionale geluk

Spreuk op 'n muur by Thimphu Skool vir Tradisionele Kunste

Bruto nasionale geluk (BNG) ː(Engelsː Gross National Happiness - GNH) is 'n filosofie wat as grondslag dien van die regering van Bhoetan se regeringsbeleid. Dit omvat 'n indeks wat gebruik word om die kollektiewe geluk en welsyn van 'n bevolking te meet. Bruto Nasionale Geluk word op 18 Julie 2008 ingestel as die doelwit van die regering van Bhoetan, soos gestel in die land se grondwet.[1]

Die term Bruto Nasionale Geluk is in 1972 geskep tydens 'n onderhoud deur 'n Britse joernalis vir die Financial Times in Mumbai-lughawe met die destydse koning van Bhoetan, Jigme Singye Wangchuck, wat gesê het "Bruto nasionale geluk is belangriker as bruto nasionale produk."[2][2][3]

In 2011 het die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering 'n resolusie aanvaar oor "Geluk: 'n holistiese benadering tot ontwikkeling." In die resolusie is lidlande versoek om die voorbeeld van Bhoetan te volg en geluk en welsyn te meet en geluk as 'n fundamentele menslike doelwit te stel.[4]

In 2012 het Bhoetan se destyse eerste minister Jigme Thinley en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki-moon 'n hoëvlakvergadering byeengeroep oor "Welstand en Geluk: Definieering van 'n Nuwe Ekonomiese Paradigma" om die verspreiding van Bhoetan se BNG-filosofie aan te moedig.[5] Op die hoëvlakvergadering is die eerste Wêreldgelukverslag uitgereik. Kort na die hoëvlakvergadering is 20 Maart 2012 verklaar as Internasionale Dag van Geluk deur die VN in 2012 met resolusie 66/281.[6]

Bhoetan se eerste minister, Tshering Tobgay, het aanvanklik 'n fokus op meer konkrete doelwitte geplaas in plaas daarvan om BNG te bevorder toe hy sy amp beklee het,[7] maar hy het sederdien die BNG konsep wel internasionaal bevorder.[8] Ander Bhoetanese amptenare bevorder ook die verspreiding van BNG by die VN en die breer internasionale gemeenskap.[9][10]

  1. "The Constitution of the Kingdom of Bhutan" (PDF). National Council. Royal Government of Bhutan. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Mei 2017. Besoek op 1 April 2017.
  2. 2,0 2,1 Dorji, Tashi (15 Junie 2012). "The story of a king, a poor country, and a rich idea" (in Engels). Business Bhutan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2019. Besoek op 1 April 2017.
  3. "FAQ on GNH" (PDF).
  4. "Happiness : towards a holistic approach to development : resolution / adopted by the General Assembly" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2018. Besoek op 24 September 2018.
  5. Bhutan (2012). "Defining a New Economic Paradigm: The Report of the High-Level Meeting on Wellbeing and Happiness". United Nations. Besoek op 16 Februarie 2018.
  6. "Resolution adopted by the General Assembly on 28 June 2012 66/281. International Day of Happiness" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2019. Besoek op 14 Augustus 2021.
  7. Harris, Gardiner (4 Oktober 2013). "Index of Happiness? Bhutan's New Leader Prefers More Concrete Goals". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2019.
  8. Tobgay, Tshering (2016). "This country isn't just carbon neutral, it's carbon negative". TED.com (in Engels). TED. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 17 Februarie 2018.
  9. "Pursuit of happiness is fundamental human goal,' Minister of Bhutan tells UN Assembly" (in Engels). UN News. 3 Oktober 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020. Besoek op 17 Februarie 2018.
  10. Schultz, Kai (17 Januarie 2017). "In Bhutan, Happiness Index as Gauge for Social Ills". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 17 Februarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search